Engelette se doktorale navorsing het gehandel oor die verwantskap tussen persoonlike identiteit en beroepsidentiteit. Die temas van “Wie is ek?” en “Wie wil ek wees?” is die uitgangspunt van al die sessies wat sy hanteer. Sy is ‘n kenner op die gebied van persoonlike identiteit en begelei persone om hulleself beter te verstaan, sodat hulle beter kan funksioneer.
Sy is opgelei in Narratiewe Terapie, Gestalt Terapie, is ‘n internasionaal geakkrediteerde Enneagram Coach en haar studies wat sy gevolg het om as Wellness Coach en Career Coach te mag praktiseer, is geaffilieer by ICR ( International Coach Register).
“Die invloed wat musiek en klank op ‘n mens se gevoelservaring het.”
Bespreek haar gerus vir ‘n aanbieding en beleef self hoe ervarings wat in die onderbewuste gebêre is, identifiseerbaar word deur middel van musiek en klank. Beleef ook die omgekeerde, naamlik hoe musiek en klank ‘n invloed het op jou gevoelservaring.



