Voel jy opgewonde oor ‘n nuwe fase van jou lewe wat voorlê, maar jy het insette nodig om jou droom ‘n realiteit te maak?

Voel jy vasgeval en wil jou droom weer laat herleef?

Wonder jy wat jou droom is?

Twyfel jy of jy ‘n droom het?

Tydens hierdie sessies volg ons ‘n program om jou te begelei na optimale funksionering. Hierdie program lê klem op persoonlike ontwikkeling. Hierdie persoonlike groei gaan jou verhoudings en beroepslewe ook positief beïnvloed.
Aspekte wat aandag kry in hierdie program (ongeveer agt weke):

Waar is jy nou? Wat wil jy bereik? Wat is die pad na jou droom en ideaal?

Identifiseer aspekte van jou persoonlikheid.

Gee aandag aan jou emosionele behoeftes.

Gee aandag aan dinge wat spanning veroorsaak en dus groei terughou.

Gee aandag aan motivering en waardes.

Werk na beroepsbevrediging en optimale funksionering.

Korter reekse wat ook aangebied word:

Kommunikasie vir egpare of persone wat beplan om te trou (5 sessies).

Kommunikasie binne bestuurspanne (4 sessies aangebied by jou kantoor).

Doelwitbeplanning vir besighede (5 sessies aangebied by jou kantoor).

Kursus vir tieners (of ander persone) wat voel dat hulle lewe deurmekaar is. Die sinchroniseringkursus is 4 sessies.

afAfrikaans