Elke mens wil binne ‘n veilige omgewing funksioneer.
Elke mens wil voel dat jy waarde het.
Die lewe gebeur en ons stories word soms anders as wat ons dit wou gehad het.
Dit beïnvloed hoe ons optree, hoe ons onsself ervaar en hoe ons oor ander mense dink en voel.
Kan jy met een van hierdie stellings assossieer?
Ek voel asof ek myself nie meer ken nie.
Ek voel depressief en weet nie hoe om uit die gat te kom nie.
Ek voel angstig en gefrustreerd.
Dit voel asof ek nie goed genoeg is nie.
Ek is bekommerd oor finansies.
Ek voel oorweldig en vasgedruk.
My perfeksionisme veroorsaak vir my probleme.
Ek gebruik alkohol om weg te vlug van my realiteit.
Ek het ‘n droom, maar weet nie hoe om daarby uit te kom nie.
Ek voel ongelukkig en wil nie so aangaan nie.
Ek wil graag my verhoudings verbeter.
Ek weet nie hoe om verlies te hanteer nie.
Mense irriteer my baie maklik.
Ek weet ek hardloop weg van my probleme af, want ek is onseker hoe om emosies te hanteer.
Ek weet ek maak asof ek nie probleme het nie, want ek weet nie hoe om dit te hanteer nie.
Ek voel opgebruik, uitgebrand en alleen.
Ek besef dat ek my angs moet oorkom.
Ek is die hele tyd bekommerd oor goed.
Ek weet ek oordink alles in die lewe.
Ek weet nie hoe om nee te sê nie.
Ek wonder wat is die doel van my lewe.
Ek sukkel om keuses te maak.
Ek het ‘n traumatiese insident belewe.
Ek is gedurig blootgestel aan dieselfde dinge wat vir my spanning veroorsaak.
Die rouproses is vir my oorweldigend.
Negatiewe ervarings bly vassit in ‘n mens se onderbewuste. Dr. Engelette Kruger is opgelei om “Multi Level Neuro Processing” te fasiliteer. Dit beteken ‘n mens werk met die gevoelservarings wat in die onderbewuste gebêre is. Hierdie gevoelservarings beïnvloed jou optrede, denke en emosies elke dag.
In sommige sessies werk ons op ‘n diep vlak met persepsies, waardes en gevoelservarings wat gestoor is. In ander sessies werk ons op ‘n meer praktiese vlak met die lewe.
